Wat van die ZAR Volkshof
Die ZAR Volkshof is in sitting.
Die ontstaan en instelling hiervan het geskied met die
ZAR Tribunaal wat deur Jan Diedriks as Hoofregter en
Dave van der Berg as Hoofkommissaris hul aanstellings
in tydelike hoedanigheid aanvaar en tot uitvoering
gebring het. Die derde aanstelling van sheriff is
afgedank as gevolg van wangedrag en bedrog en is
vervang met Mario Cockrell as Beskermheer.
Die tydelike Volksverteenwoordigende raad is die ZAR
Federasie wat al die beplanning en uitvoering volbring
het om die herstel van die ZAR en die Boervolk teweeg
te bring en om al die nodige wêreld-owerhede van ons
status in kennis te stel.
Vrede
Die Wet van die Natuur
Die Natuurwette het gesag oor alle wette. Die Wette
van Vrede het gesag oor die Gemenereg en die
Gemenereg het gesag oor die Statutêre Reg.
Vir die Boervolk om soewerein en vry te wees, moet
elke burger homself en haarself emansipeer uit die
statutêre stelsel uit en plaas hulself daarmee onder
die Gemenereg van die Boervolk se Republiek-
stelsel.
Soewereiniteit
Die Boervolk
Die Boervolk wil, het, en kan soewerein wees, oor
ons eie sake besluit en ons land volgens ons
eiesoortige natuur, kultuur en leefwyse in te rig te
te beheer teen andersoortige invloede.
Soewereiniteit, veral met die Boervolk, bewerkstellig
en bedoel ook vryheid van alle vorms van slawerny,
onderdrukking, inmenging, intemedasie, beheer,
beskadiging, belemmering. Dit verg veral vrystelling
van alle vorms van lewensbeheer oor ons.
Orde
Elke Burger help hiermee
Die ZAR Volkshof, met die samewerking van die
Volksraad, moet oor belangrike sake standpunt
inneem en uitspraak lewer.
Elke ZAR Burger word egter die verantwoordelikheid
en bevoegdheid toegeken om vir die volk `n
polisieman te wees, `n vredebewaarder te wees, `n
omgewing en natuur beskermer te wees, en `n
bemiddelaar te wees.